Die Boodskap

1 Konings 1:38-46 Die Boodskap (DB)

38. Sadok, Natan, Benaja, asook die koning se lyfwagte het Salomo op koning Dawid se muil gesit en is saam met hom Gihonfontein toe.

39. Sadok het ’n houer met olie uit die tent waar die Here altyd teenwoordig was, saamgeneem. En hy het Salomo gesalf. Toe het hulle die trompette begin blaas en geskree: “Lank lewe koning Salomo.”

40. Almal is toe saam met Salomo terug. Hulle was uitbundig bly en het vrolik op hulle fluite gespeel. Van al die geraas het die aarde eintlik gebewe.

41. ’n Entjie daarvandaan het Adonia en sy gaste net klaar geëet en gedrink toe hulle skielik die geraas gehoor. Joab het die trompette veraf gehoor en gesê: “Waarom raas die mense so in die stad?”

42. Joab het skaars klaar gepraat of Jonatan die seun van die priester Abjatar kom daar aangestap. “Kom binne, Jonatan,” het Adonia gesê. “Jy is ’n goeie mens en ek weet jy bring vir ons goeie nuus.”

43. “Ongelukkig nie,” het Jonatan geantwoord. “Koning Dawid het sy seun Salomo pas koning gemaak.

44. Hy het Sadok, Natan, Benaja en die koninklike lyfwag na Salomo toe gestuur. Hulle het hom op die koning se muil gesit.

45. By die Gihonfontein het Sadok en Natan hom as koning gesalf. Daarna is hulle terug stad toe terwyl die volk vrolik gesing en gedans het. Tans is die stad die ene uitbundigheid. Dit is die geraas wat julle nou daar hoor.

46. Salomo het selfs op die koning se troon gaan sit.