Afrikaans 1933-1953

2 Kronieke 34:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En die beendere van die priesters het hy op hulle altare verbrand en Juda en Jerusalem gereinig.

6. En in die stede van Manasse en Efraim en Símeon en tot by Náftali, in hulle puinhope rondom,

7. het hy die altare omgegooi, en die heilige boomstamme en gesnede beelde het hy tot stof vergruis en al die sonpilare in die hele land van Israel het hy omgekap. Daarna het hy na Jerusalem teruggekom.

8. En in die agttiende jaar van sy regering, toe hy besig was om die land en die tempel te reinig, het hy Safan, die seun van Asálja, en Maäséja, die owerste van die stad, en Joag, die seun van Jóahas, die kanselier, gestuur om die huis van die Here sy God te herstel.

9. Toe hulle by die hoëpriester Hilkía kom, het hulle die geld afgegee wat in die huis van God gebring was, wat die Leviete, die drumpelwagters, versamel het uit Manasse en Efraim en uit die hele oorblyfsel van Israel en uit die hele Juda en Benjamin en die inwoners van Jerusalem.

10. Hulle het dit naamlik oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel was oor die huis van die Here, en dié het dit gegee aan die arbeiders wat gewerk het aan die huis van die Here, om die huis reg te maak en te herstel.