Afrikaans 1983

Jesaja 54:2-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Maak groter die plek vir jou tent,maak breër jou tentdoeke,moenie suinig daarmee werk nie.Maak langer die tentlyneen slaan die tentpenne dieper in,

3. want jy sal na alle kante toe uitbrei;jou nageslag sal nasies verdryfen in die stede wat nou verwoes is, gaan woon.

4. Moenie bang wees nie,jy sal nie weer in die skande kom nie,moenie so verleë daar staan nie,jy sal nie weer verneder word nie.Jy sal die skande uit jou jong dae vergeeten nie meer dink hoe jy verneder istoe jy 'n weduwee was nie.

5. Hy wat jou gemaak het, is jou man,sy Naam is die Here die Almagtige.Die Heilige van Israel is jou Verlosser;Hy word die God van die hele wêreld genoem.

6. Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou,maar die Here roep jou terug,want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sê jou God.

7. Net 'n oomblik het Ek jou verstoot,in my groot liefde vat Ek jou terug.

8. In 'n opwelling van toornwou Ek 'n kort tydjie niks met jou te doen hê nie,maar Ek ontferm My oor joumet 'n liefde wat nooit vergaan nie,sê die Here, jou Verlosser.

9. Soos met die waters van Noag is dit vir My:soos Ek met 'n eed bevestig het dat die waters van Noagnie weer die aarde sal oorstroom nie,so bevestig Ek met 'n eeddat Ek nie langer toornig op jou sal wees en jou sal straf nie.