Afrikaans 1983

Jesaja 5:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ek wil sing oor Hom wat ek liefhet,ek wil my liefdeslied sing oor sy wingerd:Hy wat ek liefhet, besit 'n wingerd op 'n vrugbare heuwel.

2. Hy het die grond omgespit en die klippe verwyder,dit beplant met veredelde wingerdstokke.Hy het 'n wagtoring daarin gebouen 'n parskuip uitgekap.Hy het verwag dat dit goeie druiwe sou dra,maar toe bring dit druiwe voort wat suur bly.

3. En nou, inwoners van Jerusalem en manne van Juda,beslis tog tussen My en my wingerd.

4. Wat kan Ek nog vir my wingerd doenwat Ek nie reeds gedoen het nie?Wat is dan die rede dat dit suur druiwe voortgebring hetterwyl Ek verwag het dat dit goeie druiwe sou dra?

5. Ek maak julle nou bekend wat Ek met my wingerd gaan doen:Ek gaan die doringheining verwyder en verbrand,sy muur afbreek, sodat die wingerd vertrap kan word.

6. Ek gaan hom tot niet maak.Hy sal nie meer gesnoei of geskoffel word nie,maar ingeneem word deur doringbosse en onkruid.Ek sal die wolke verbied om daarop te reën.

7. Die wingerd van die Here die Almagtige,die wingerd wat Hy geplant het en waarin Hy Hom wou verlustig,is die Israeliete, die volk van Juda.Die Here het verwag dat daar reg sou wees,maar daar was net onreg,dat daar geregtigheid sou wees,maar daar was net die hulpgeroep van veronregtes.

8. Ellende wag vir julle wat huis na huis inpalm,die een plaas na die ander in die hande kry,totdat daar geen plek vir ander oorbly nieen net julle grondeienaars in die land is.

9. Ek het die Here die Almagtige 'n eed hoor neem:Die baie huise, so groot en mooi, sal murasies word,sonder bewoners.

10. 'n Wingerd waaraan tien dae lank geploeg word,sal net een mandjie druiwe oplewer,en 'n sak saad net een kruik vol graan.

11. Ellende wag vir dié wat vroeg in die môre opstaanom agter sterk drank aan te loopen hulle tot laataand dronk te drink aan wyn.

12. Daar is liere en harpe,tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye.Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie,sy dade sien hulle nie raak nie.

13. Omdat my volk My nie wil ken nie,sal hulle in ballingskap weggevoer word.Volk en leiers sal saam van honger sterf,omkom van dors.

14. Die doderyk maak sy keel wyd oop vir hulle,hy sper sy bek groot oop.Daarin sak die vooraanstaandes en die gewone burgers weg,die hele rumoerige gepeupel.

15. So word mense vernederen kom hulle tot 'n val.So kom hoogmoed tot 'n val.

16. Die Here die Almagtige is verhewe,Hy laat reg geskied;die heilige God laat Hom ken as die Heilige,Hy oordeel regverdig.