Afrikaans 1983

Jesaja 31:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ellende wag vir dié wat by Egipte hulp gaan vra;hulle verlaat hulle op perde,hulle is vol vertroue as daar baie strydwaens is,as hulle oor 'n menigte ruiters kan beskik;maar op die Heilige van Israel vertrou hulle nie,na die wil van die Here vra hulle nie.

2. Hý is die Een wat wysheid het;daarom het Hy 'n ramp laat losbreeken het Hy nie afgesien van wat Hy gesê het nie:Hy tree op teen die volk wat altyd verkeerd doenén teen die volk wat hulp verleen aan dié wat onreg doen.

3. Die Egiptenaars is mense, hulle is nie gode nie,en hulle perde is maar net perde, nie bonatuurlike wesens nie.As die Here sy hand uitsteek, val die helper én die een wat gehelp worden gaan hulle saam onder.

4. So het die Here vir my gesê:Soos 'n leeu, 'n maanhaar, by sy prooi lê en gromen hom nie laat afskrik deur die harde geskreeu van veewagterswat teen hom saamgeroep is nie,en hom nie steur aan hulle lawaai nie,so sal die Here die Almagtige, wanneer Hy neerdaal,sy oorlog veg op Sionsberg,op die heuwel waar Sion lê.

5. Soos voëls beskermend oor hulle neste sweef,so sal die Here die Almagtige die skild oor Jerusalem wees;Hy sal beskermend verbykomen so sal Hy red en bevry.

6. Israeliete, bekeer julle tot Homvan wie julle so ver verwyder geraak het.

7. Daardie dag, wanneer julle elkeen sy afgode weggooi,die afgode van silwer en van goudwat julle self gemaak het en waarmee julle gesondig het,