Afrikaans 1933-1953

Amos 1:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En Ek sal die grendel van Damaskus verbreek en die inwoners uit die laagte van Awen uitroei en die wat die septer dra, uit Bet-Eden, en die volk van Aram sal in ballingskap gaan na Kir, sê die Here.

6. So sê die Here: Oor drie oortredinge van Gasa, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle ’n ganse bevolking in ballingskap weggevoer het om dit aan Edom uit te lewer.

7. Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.

8. En Ek sal die inwoners uit Asdod uitroei en die wat die septer dra, uit Áskelon; en Ek sal my hand teen Ekron uitstrek, en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom, sê die Here Here.

9. So sê die Here: Oor drie oortredinge van Tirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle ’n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie.

10. Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.