Afrikaans 1933-1953

2 Kronieke 34:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. JOSÍA was agt jaar oud toe hy koning geword het, en een-en-dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.

2. En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here en gewandel in die weë van sy vader Dawid en nie regs of links afgewyk nie.

3. En in die agtste jaar van sy regering, terwyl hy nog jonk was, het hy begin om die God van sy vader Dawid te soek, en in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te reinig van die hoogtes en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde.

4. En hulle het voor sy oë die altare van die Baäls omgegooi; en die sonpilare wat daar bo-op was, het hy stukkend gekap en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde verbreek en vermaal en dit oor die grafte gestrooi van die wat aan hulle geoffer het.

5. En die beendere van die priesters het hy op hulle altare verbrand en Juda en Jerusalem gereinig.

6. En in die stede van Manasse en Efraim en Símeon en tot by Náftali, in hulle puinhope rondom,