Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 16:8-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig aangaande sonde, aangaande onpartydige opregtheid en aangaande oordeel:

9. aangaande sonde omdat hulle nie in My vertrou nie;

10. aangaande onpartydige opregtheid omdat Ek na My Vader toe gaan en julle My nie meer sal sien nie;

11. aangaande oordeel omdat die prins van hierdie wêreld veroordeel is.

12. Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou ontvang nie,Iyov 32:8; 1 Tim 1:16

13. maar wanneer Hy, die Gees van die Waarheid, gekom het, sal Hy julle in die hele waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy sê en die toekoms aan julle openbaar.

14. Hy sal My vereer en loof omdat Hy, uit wat aan My behoort sal vat en aan julle sal wys.

15. Alles wat My Vader het, is Myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal vat uit wat aan My behoort en aan julle wys.

16. ’n Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer ’n kort rukkie en julle sal My sien omdat Ek na die Vader toe gaan.”

17. Sy studentevolgelinge het onder mekaar gevra: “Wat is dit wat Hy vir ons sê: ‘’n Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer ’n kort rukkie en julle sal My sien omdat Ek na My Vader toe gaan?’”