Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 17:46-58 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

46. Vandag sal יהוה jou in my hand oorlewer en ek sal jou neerslaan en jou kop van jou af verwyder en ek sal vandag die lyke van die leër van die F’lishtyne vir die voëls van die lug en die wilde diere van die aarde gee sodat die hele aarde kan weet dat daar ’n God in Yisra’el is

47. en dat hierdie hele menigte mag weet dat יהוה nie deur swaard en spies bevry nie, want die geveg behoort aan יהוה en Hy sal julle in ons hand gee.”

48. Dit het gebeur toe die F’lishtyn opstaan en naderkom om Dawid te ontmoet dat Dawid vinnig na die gevegslyn hardloop om die F’lishtyn te ontmoet.

49. Dawid steek sy hand in sy sak en vat ’n klip daaruit en slinger dit en hy tref die F’lishtyn op sy voorkop en die klip sink in sy voorkop in dat hy op sy gesig teen die grond val.

50. So het Dawid oor die F’lishtyn die oorhand gekry met ’n slinger en ’n klip en hy het die F’lishtyn getref en hom doodgemaak, maar daar was geen swaard in Dawid se hand nie.

51. Toe het Dawid gehardloop en oor die F’lishtyn gaan staan en sy swaard gevat, dit uit sy skede getrek en hom doodgemaak en sy kop daarmee afgekap. Toe die F’lishtyne sien dat hulle kampioen dood is, het hulle gevlug.

52. Die manne van Yisra’el en Y’hudah het opgestaan, geskreeu in vreugde en die F’lishtyne agtervolg tot by die vallei en tot by die poorte van `Ekron. Die gevalle F’lishtyne het langs die pad na Sha’arayim gelê, selfs tot by Gat en `Ekron.

53. Die seuns van Yisra’el het teruggekeer van agtervolging van die F’lishtyne en hulle kamp geplunder.

54. Dawid het die kop van die F’lishtyn gevat en dit na Yerushalayim toe gebring, maar sy wapens in sy tent gesit.

55. Toe Sha’ul Dawid sien uittrek teen die F’lishtyn, sê hy vir Avner, die bevelvoerder van die leër: “Avner, wie se seun is díé jongman?” Avner antwoord: “By u lewe, o koning, ek weet nie!”

56. Die koning sê: “Vind uit wie se seun die jongman is.”

57. Toe Dawid terugkom nadat hy die F’lishtyn doodgemaak het, het Avner hom gevat en hom voor Sha’ul gebring, met die kop van die F’lishtyn in sy hand.

58. Sha’ul vra vir hom: “Wie se seun is jy, jongman?” Dawid antwoord: “Die seun van u dienskneg, Yishai, die Beit-Legemiet.”