Die Boodskap

Rigters 20:43-48 Die Boodskap (DB)

43. Die Israeliete het die soldate van Benjamin omsingel en hulle genadeloos uitgeroei regoor Gibea aan die oostekant.

44. Agtien duisend van Benjamin se beste troepe is daardie dag dood.

45. Die ander het omgedraai en woestyn toe gevlug in die rigting van die rots van Rimmon. Van hulle is daar nog 5 000 langs die pad doodgemaak. Israel het die res tot by Gidom agtervolg en nog 2 000 soldate doodgemaak.

46. Op daardie dag het Benjamin 25 000 dapper soldate verloor.

47. Ses honderd soldate het dit reggekry om tot by die rots van Rimmon te kom, waar hulle vier maande lank gebly het.

48. Die Israeliete het toe deur die res van die gebied van Benjamin getrek. Hulle het van stad tot stad gegaan en alles, mense, diere, elke lewende ding, doodgemaak. Hulle het elke stad in daardie gebied verbrand.