Die Boodskap

Psalms 40:10-13 Die Boodskap (DB)

10. Wanneer u kinders bymekaar is, vertel ek vir hulle hoe regverdig U optree.Here, ek kan nie daaroor stilbly nie. U weet dit.

11. Ek praat dag en nag oor die goeie dinge wat U doen. Ek steek dit nie weg nie.Ek vertel dat U getrou is en mense vrymaak. Ek bly nie stil oor wat U doen as die gemeente bymekaarkom nie.

12. Here, ek weet U sal nie ophou om my met u liefde toe te vou nie.Pas my altyd op. Wees lief vir my.

13. Duisende probleme het my omring. My sondes het my ingehaal.Ek is nou nog toegegooi onder probleme. Ek kan dit nie tel nie. Hulle is meer as die hare op my kop. Dit maak my heeltemal moedeloos.