Die Boodskap

Psalms 27:9-12 Die Boodskap (DB)

9. Moet tog nie maak of U my nie hoor nie.Moenie my wegjaag omdat U vir my kwaad is nie.U het my in die verlede gehelp.Stoot my nie weg van U af nie. Los my nie alleen nie. U is die God wat my red.

10. Selfs al wil my pa en ma niks met my te doen hê nie,sal die Here self vir my sorg.

11. Here, vat my hand. Lei my op ’n pad waar daar nie slaggate is nie.Wys my hoe om reg te lewe.Moenie dat hulle wat niks van my hou oor my seëvier nie. Pas my op. Lei my.

12. Party vertel leuens oor my, terwyl ander my met geweld onderstebo wil loop. Moet my tog nie in hulle hand oorgee nie.