Die Boodskap

Openbaring 18:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Toe dit alles verby was, sien ek ’n ander engel uit die hemel afkom. Dit was ’n baie sterk engel. Die aarde het sommerso geblink van die helder glans van die engel. Hy het ’n verskriklik harde stem gehad.

2. Hy skree toe: “Dit is verby met daardie belangrike stad Babilon. Sy word met die grond gelykgemaak. Dit het ’n spookdorp geword, vol demone. Oral het bose geeste hulle intrek geneem. Allerhande vieslike vlieënde goed het daar kom nes maak. Diere waarvan God niks hou nie, het daar opgedaag. Al hierdie goed is regtig vieslik en haatlik!

3. Al die mense van die aarde kon nie genoeg kry van haar verraad teen God nie. Hulle het dit soos wyn opgeslurp. Die regeerders, wat hulle mense moes lei, het die stad eerder gedien as vir God. Die sakemanne het miljoene gemaak uit haar lewe vol vieslikhede.”