Die Boodskap

Levitikus 3:8-17 Die Boodskap (DB)

8. Hy sit sy hand op die dier se kop. Hy slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die dienaars van Aäron sprinkel van die dier se bloed aan al die kante teen die altaar.

9. Die deel wat hy vir die Here verbrand, is die vet van die dier, sy hele vetstert wat hy teen die kruis afgesny het, die hele stuk vet oor die binnegoed,

10. die twee niere met die vet daaroor en die lewervet wat hy van die niere losgesny het.

11. Die dienaar by die tent verbrand dit alles op die altaar. Dit is die Here se deel wat vir Hom op die altaar verbrand word.

12. “Indien die persoon ’n bok vir die Here bring,

13. sit hy sy hand op die dier se kop. Hy slag hom daar voor die tent van ontmoeting. Die dienaars van Aäron spat van die bloed teen die kante van die altaar.

14. Die deel wat hy vir die Here verbrand, is die vetlaag oor die binnegoed,

15. die twee niere met die vetlaag oor die lewer en die vetlaag oor die lewer wat hy afgesny het.

16. Die dienaar van die tent van ontmoeting verbrand dit alles op die altaar as die Here se deel van die offer. Dit is ’n vuuroffer wat vir die Here baie lekker ruik.“Al die vet aan die dier behoort aan die Here.

17. Die voorskrif staan vas: julle mag nooit self die vet of die bloed eet nie. Dit staan vas vir die een geslag na die ander, waar hulle ook al sal woon.”