Die Boodskap

Jeremia 52:12-16 Die Boodskap (DB)

12. Op sewentien Augustus 586 v.C. het Nebusaradan in Jerusalem aangekom. Hy was die hoof van die lyfwag van koning Nebukadnesar van Babel. Dit was die negentiende jaar dat Nebukadnesar koning was.

13. Hy het die tempel, die koning se paleis en al die huise in Jerusalem afgebrand. Hy het al die belangrike geboue in Jerusalem afgebrand.

14. Die Babiloniese leër wat saam met Nebusaradan was, het self die mure van Jerusalem afgebreek.

15. Nebusaradan, die hoof van die lyfwag van die koning van Babel, het toe van die armste van die mense na Babel toe weggevat. Hy het ook die mense wat nog in die stad oor was en dié wat na koning Nebukadnesar oorgeloop het, na Babel toe geneem. Laastens het hy ook die mense wat die een of ander vaardigheid of vakmanskap gehad het, gevang en na Babel toe gevat.

16. Maar Nebukadnesar het van die armste mense toegelaat om in die land agter te bly. Hulle moes die wingerde versorg en die landerye ploeg.