Die Boodskap

Deuteronomium 10:12-17 Die Boodskap (DB)

12. “Israel, wat is dit wat die Here van jou vra? Hy vra net dat jy Hom alleen moet aanbid. Hy vra jou om sy wil te gehoorsaam; om Hom altyd lief te hê; om Hom met jou hele wese en met oorgawe te dien;

13. om al die wette wat ek jou vandag gee, jou eie te maak; om die Here se wil ook jou wil te maak. As jy al hierdie dinge doen, sal dit met jou baie goed gaan.

14. Aan die Here behoort die hoogste hemel sowel as die aarde met alles wat daarop is.

15. En tog het die Here net julle voorvaders liefgehad. Van al die volke op aarde het die Here net vir hulle gekies omdat Hy vir hulle lief was. Tot vandag toe is julle steeds die Here se eiendom.

16. Gee julle daarom heeltemal aan die Here oor. Moenie meer soos in die verlede teen die Here in opstand kom nie.

17. “Die Here jou God is sterker as enige ander god en Hy is magtiger as alle mense op die aarde. Hierdie groot, magtige en sterk God kies nie kant in hofsake nie en word nooit omgekoop nie.