Die Boodskap

2 Samuel 23:8-11 Die Boodskap (DB)

8. Hier is die name van Dawid se dapperste soldate: Joseb-Bassebet van die Tagkemon-familie was die leier van die beroemde drie. Hy het in een geveg met sy oorlogsbyl wat hy so bokant sy kop swaai, 800 man kafgeloop.

9. Eleasar, Dodo se seun, was die tweede van die drie beroemde helde van Dawid. Hy was van die Agoagfamilie. Hy was by toe hulle die keer die Filistyne uitgetart het wat reg was vir die geveg. Toe die Filistyne storm, het die manne van Israel teruggeval,

10. maar Eleasar het bly staan en teen die Filistyne geveg tot hy ’n kramp in sy hand gekry het en nie sy swaard kon los nie. Die Here het daardie dag ’n groot slag vir die Israeliete geslaan. Die manskappe het hom later gaan help, maar eintlik was dit maar net om die klere en wapens van die lyke af te haal.

11. Die derde een was Samma. Hy was Agee, wat van Harar af gekom het, se seun. Die Filistyne het eenkeer by Legi saamgetrek. Daar was ’n land vol lensies en die manskappe het vir die Filistyne gevlug.