Die Boodskap

2 Kronieke 27:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Jotam was 25 toe hy koning geword het. Hy het sestien jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Jerusa, ’n dogter van Sadok.

2. Die Here was tevrede met wat Jotam gedoen het, soos dit met sy pa Ussia die geval was. Jotam het darem nie in die tempel van die Here ingegaan nie. Die volk het egter steeds aangehou om verkeerde dinge te doen.

3. Jotam het die boonste poort van die tempel laat bou. Hy het heelwat bouwerk aan die Ofelmuur laat doen.

4. Hy het ook dorpe in die heuwelland van Juda laat bou en forte en torings in die beboste gebiede.