Afrikaans 1983

Numeri 36:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die familiehoofde van die mense van Gilead seun van Makir, seun van Manasse uit die Josefstam, het met Moses en die leiers, die familiehoofde van die Israeliete, kom praat

2. en gesê: “Toe die Here u beveel het om die land tussen die Israeliete te verdeel, het die Here u ook opdrag gegee om die grond wat ons stamverwant Selofgad toegekom het, aan sy dogters te gee.

3. As hulle nou met mans uit ander Israelitiese stamme trou, sal hulle grond wegval uit ons familiebesitting en gevoeg word by dié van die stam waaraan hulle dan sal behoort. So sal die grond wat aan ons toegewys is, van ons weggeneem word.

4. As die hersteljaar vir die Israeliete aanbreek, sal die dogters se grond gevoeg word by die stam waaraan hulle dan behoort, en so sal hulle grond van dié van ons families weggeneem word.”