Afrikaans 1983

Jesaja 54:6-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou,maar die Here roep jou terug,want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sê jou God.

7. Net 'n oomblik het Ek jou verstoot,in my groot liefde vat Ek jou terug.

8. In 'n opwelling van toornwou Ek 'n kort tydjie niks met jou te doen hê nie,maar Ek ontferm My oor joumet 'n liefde wat nooit vergaan nie,sê die Here, jou Verlosser.

9. Soos met die waters van Noag is dit vir My:soos Ek met 'n eed bevestig het dat die waters van Noagnie weer die aarde sal oorstroom nie,so bevestig Ek met 'n eeddat Ek nie langer toornig op jou sal wees en jou sal straf nie.

10. Berge kan padgee, heuwels kan wankel,maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie,my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie,sê die Here, wat jou liefhet.

11. Jy, verdrukte, bedreigde stadvir wie daar nie uitkoms was nie,Ek sal jou klippe vasmessel met goeie klei,Ek maak jou fondamente van saffiersteen.

12. Ek maak jou torings van robyneen jou poorte van smarag,jou hele stadsmuur van kosbare klip.

13. Al jou inwoners sal leerlinge van die Here wees,en hulle sal altyd vrede geniet.

14. Geregtigheid sal in jou heers.Jy hoef nie bang te wees vir verdrukking nie,ook nie vir verskrikking nie,want dit sal nie naby jou kom nie.

15. As iemand jou aanval, het Ek hom nie gestuur nie;wie jou aanval, sal die onderspit teen jou delf.

16. Dit is Ek wat die ambagsman geskep het,die ambagsman wat die vuur aanblaasen allerhande wapens daarin smee.Dit is Ek wat die verwoester geskep het om af te breek.

17. Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val,sal iets uitrig nie;elkeen wat vals teen jou getuig,sal gestraf word.Dit is hoe Ek, die Here,vir my dienaars sorg.Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here.