Afrikaans 1983

Jesaja 5:17-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Op die puinhope sal lammers weiasof hulle op hulle eie weiveld is,skape sal rustig daar vreet.

18. Ellende wag vir dié wat hulle deur afgodsdiensvaswoel in die bande van ongeregtigheid,wat verstrik raak in die kettings van sonde.

19. Hulle sê: “Hy moet gou maak,Hy moet sy werk gou doen dat ons dit kan sien!Wat die Heilige van Israel wil doen,moet gou gebeur dat ons dit kan weet.”

20. Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg,wat van duisternis lig maak en van lig duisternis,wat bitter soet noem en soet bitter.

21. Ellende wag vir dié wat dink hulle het die wysheid in pag,wat dink hulle het baie verstand.

22. Ellende wag vir dié wat helde is by wyndrinkery,dapper by die meng van hulle drank,

23. wat die skuldige vryspreek vir omkoopgeld,maar 'n onskuldige sy reg ontneem.

24. Daarom, soos stoppels deur vuur verteer worden hooi in vlamme opgaan,so sal dit met hulle gaan.Hulle sal met wortel en tak uitgeroei word,want hulle het hulle nie gesteuraan die openbaring van die Here die Almagtige nie,hulle het die woord van die Heilige van Israel verwerp.

25. Daarom het die Here kwaad geword vir sy volk.Hy het sy hand teen hulle uitgesteek en hulle getref,sodat die berge gebewe heten die lyke soos vuilgoed op die strate gelê het.Ondanks dit alles bedaar die toorn van God nieen bly sy hand uitgesteek teen hulle.

26. Uit die verte versamel Hy 'n nasie onder sy vaandel,Hy roep hulle na Hom toe uit 'n ver land.Hulle kom gou en vinnig.

27. Niemand is moeg nie, nie een struikel nie,nie een is traag of aan die slaap nie.Geen gordel hang los nie,geen skoenriem is stukkend nie.

28. Hulle pyle is skerp, al hulle boë gespan,hulle perde se pote is hard soos klip.Die wiele van hulle strydwaens draai soos warrelwinde.

29. Hulle brul soos leeus,soos sterk jong leeuswat brul en hulle prooi bespringen dit wegsleep sonder dat iemand dit kan afvat.

30. Daardie dag sal die vyand aangestorm kommet 'n gedreun soos dié van die see.As 'n mens na die land kyk,sal daar benouende duisternis wees,die lig sal verdwyn voor die donker wolke.