Afrikaans 1983

Jesaja 47:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Jy het gedink jy sal altyd bestaan, altyd heers.Jy het nie aan die gevolge gedink nie,jy het nie gedink aan wat sal gebeur nie.

8. Luister dan nou hierna,jy wat in wellus lewe,jy wat so rustig woon,jy wat dink:daar is niemand soos ek nie,ek sal nie sonder 'n sorg sit soos 'n weduwee nie,en ek sal nie my inwoners verloor nie.

9. Altwee hierdie dinge sal jou oorval,in een oomblik, op dieselfde dag:jy sal jou inwoners verlooren niemand sal vir jou sorg nie.Dit sal jou voluit trefondanks jou baie toordery,ondanks jou magdom beswerings.

10. Jy het op jou bose dade vertrou,jy het gedink daar is niemand wat jou sien nie.Jou wysheid en jou kennis het jou mislei,en jy het gedink:daar is niemand soos ek nie.

11. Maar daar kom 'n ramp oor jouwat jy nie kan besweer nie,onheil oorval jou,en jy kan dit nie met 'n losprys keer nie.Jou ondergang kom skielik,jy het dit nie verwag nie.

12. Gaan maar aan met jou besweringsen jou baie toorderywaarmee jy jou van jongs af al ophou.Dalk bereik jy iets daarmee,dalk skrik jy jou vyande daarmee af!

13. Jy het jou moeg gemaak met jou baie voortekens.Laat jou voorspellers nou optree,laat hulle jou help,hulle wat die hemel opdeelen die sterre bekyk,hulle wat elke maand bekend maakwat oor jou gaan kom.