Afrikaans 1983

Jesaja 31:3-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Die Egiptenaars is mense, hulle is nie gode nie,en hulle perde is maar net perde, nie bonatuurlike wesens nie.As die Here sy hand uitsteek, val die helper én die een wat gehelp worden gaan hulle saam onder.

4. So het die Here vir my gesê:Soos 'n leeu, 'n maanhaar, by sy prooi lê en gromen hom nie laat afskrik deur die harde geskreeu van veewagterswat teen hom saamgeroep is nie,en hom nie steur aan hulle lawaai nie,so sal die Here die Almagtige, wanneer Hy neerdaal,sy oorlog veg op Sionsberg,op die heuwel waar Sion lê.

5. Soos voëls beskermend oor hulle neste sweef,so sal die Here die Almagtige die skild oor Jerusalem wees;Hy sal beskermend verbykomen so sal Hy red en bevry.

6. Israeliete, bekeer julle tot Homvan wie julle so ver verwyder geraak het.

7. Daardie dag, wanneer julle elkeen sy afgode weggooi,die afgode van silwer en van goudwat julle self gemaak het en waarmee julle gesondig het,

8. sal die Assiriërs deur die swaard afgemaai word,maar nie die swaard van 'n mens nie,hulle sal uitgewis word deur die swaard,maar nie die swaard van 'n mens nie.Hulle sal voor die swaard uit moet vlug,en hulle jongmanne sal dwangarbeiders word.

9. Die koning vir wie hulle as hulle rots beskou,sal van angs op die vlug slaan,en hulle leiers sal paniekbevange van die vaandel af padgee,sê die Here ter ere van wie die vuur in Sion brand,ter ere van wie die altaar in Jerusalem rook.