Afrikaans 1983

Jeremia 50:10-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Galdeërland sal geplunder word,en dié wat plunder, sal oorgenoeg kry,sê die Here.

11. Ja, wees maar vrolik, jubel maar,julle wat nou my eiendom plunder!Huppel maar soos 'n verskalf wat koring uittrap,runnik maar soos hingste!

12. Daar wag groot ontnugtering vir julle stad, vir Babel,daar wag vernedering vir die volk waaruit julle kom:hy gaan die minste word van die nasies,sy land gaan 'n dor woestyn, 'n droë vlakte word.

13. In my toorn maak Ek hom onbewoonbaar,hy sal heeltemal verlate word:elkeen wat by Babel verbykom, sal verbyster staanen fluit van verbasing oor alles waardeur die stad getref is.

14. Ruk van alle kante af op teen Babel,almal met pyl en boog!Skiet hom, moenie spaarsaam wees met die pyle nie!Hy het teen die Here gesondig.

15. Laat die krygsgeskreeu van alle kante af teen hom klink!Hy gee oor, sy torings val, sy mure word afgebreek!Dit is die Here wat Hom op Babel wreek:wreek julle op hom,doen aan hom wat hy aan julle gedoen het!

16. Laat uit Babel die saaier verdwynen dié wat in die oestyd koring sny!Elkeen sal padgee na sy eie volk toe,elkeen sal na sy eie land toe vlugvoor die swaard wat so wild te kere gaan!

17. Israel is 'n verjaagde skaap,leeus het hom rondgejaag.Eers het die koning van Assirië hom opgevreet, en nou het koning Nebukadnesar van Babel sy bene skoongevreet.

18. Daarom, so sê die Here die Almagtige, die God van Israel, sal Ek die koning van Babel en sy land straf soos Ek die koning van Assirië gestraf het.

19. Maar vir Israel sal Ek terugbring na sy weiveld toe, en hy sal op Karmel en in Basan wei, hy sal volop te wei hê op die Efraimsberge en in Gilead.

20. Dan, in daardie tyd, sê die Here, sal daar navraag gedoen word na die sonde van Israel, na die oortredings van Juda, maar daar sal niks wees nie, niks gevind word nie, want Ek sal die sonde van dié wat Ek laat oorbly, vergewe.

21. Trek op teen Meratajimen teen die inwoners van Pekod,maak hulle dood, roei hulle heeltemal uit,sê die Here,maak met hulle presies soos Ek jou beveel!

22. Daar is oorlogsrumoer in die land,daar is groot verwoesting!

23. Hoe gebreek, hoe in stukke lê die hamer nouwaaronder die hele aarde moes ly!Hoe verlate het Babel geword tussen die nasies!

24. Ek het vir jou 'n strik gespanwaarvan jy nie geweet het nie, Babel,en jy is daarin gevang;jy is betrap en vasgevangomdat jy die stryd teen My, die Here, aangebind het.

25. Die Here het sy arsenaal oopgemaaken die wapens van sy toorn uitgehaal,want Hy, die Here God, die Almagtige,het werk te doen in Galdeërland: