Afrikaans 1933-1953

2 Kronieke 30:22-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. En Jehiskía het na die hart van al die Leviete gespreek wat deeglik kennis geopenbaar het in die saak van die Here; en hulle het die feesoffer sewe dae lank geëet, terwyl hulle dankoffers geslag en die Here, die God van hulle vaders, geloof het.

23. En toe die hele vergadering besluit om nog sewe dae fees te hou, het hulle dit met blydskap sewe dae lank gevier,

24. want Hiskía, die koning van Juda, het aan die vergadering duisend bulle en seweduisend stuks kleinvee afgegee, en die owerstes het aan die vergadering duisend bulle en tienduisend stuks kleinvee afgegee; en die priesters het hulleself in menigte geheilig.

25. En die hele vergadering van Juda was bly, ook die priesters en die Leviete, en die hele vergadering van die wat uit Israel gekom het; ook die vreemdelinge wat uit die land van Israel gekom het, en die wat in Juda woonagtig was.

26. En daar was groot blydskap in Jerusalem; want sedert die dae van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, het so iets in Jerusalem nie voorgekom nie.

27. Toe staan die Levitiese priesters op en seën die volk; en hulle stem is verhoor, en hulle gebed het gekom tot in sy heilige woning, tot in die hemel.