Afrikaans 1933-1953

2 Kronieke 22:9-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Daarna het hy Ahásia gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samaría wegkruip en hom na Jehu gebring; en hulle het hom gedood en hom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van Jósafat, wat die Here met sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van Ahásia wat in staat was om te regeer nie.

10. TOE Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereedgemaak en die hele koninklike geslag van die huis van Juda omgebring.

11. Maar Jósabat, die dogter van die koning, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring; en Jósabat, die dogter van koning Joram, die vrou van die priester Jójada — want sy was die suster van Ahásia — het hom vir Atália weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie.

12. En hy was by hulle in die huis van God ses jaar lank verborge, terwyl Atália oor die land regeer.