Afrikaans 1933-1953

2 Konings 25:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het Nebukadnésar, die koning van Babel, gekom, hy en sy hele leër, teen Jerusalem en daarteen laer opgeslaan en daarteen skanse rondom gebou.

2. En die stad het in beleëring geraak tot die elfde jaar van koning Sedekía.

3. Op die negende van die vierde maand, toe die hongersnood sterk was in die stad en die mense van die land geen brood gehad het nie,

4. is in die stad ingebreek, en al die krygsmanne is in die nag deur die poort, tussen die twee mure wat by die koning se tuin is, terwyl die Chaldeërs rondom teen die stad was; en die koning het getrek op pad na die Vlakte toe.

5. Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agternagejaag en hom in die vlaktes van Jérigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi.