Afrikaans 1933-1953

2 Konings 19:31-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen.

32. Daarom, so sê die Here aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opgooi nie.

33. Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die Here.

34. En Ek sal hierdie stad beskut, om dit te verlos, ter wille van My en my kneg Dawid.

35. En in dieselfde nag het die engel van die Here uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak — was dit almal dooie liggame!

36. En Sánherib, die koning van Assirië, het opgebreek en weggetrek en teruggegaan en in Ninevé gebly.

37. En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog, het sy seuns Adramméleg en Saréser hom met die swaard neergeslaan; maar hulle het ontvlug na die land Árarat; en sy seun Esar-Haddon het in sy plek koning geword.