Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 4:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hy kom by ’n stad van Shomron, wat Sh’khem genoem word, langs die dorpie wat Ya’akov aan sy seun Yosef gegee het.

6. Die fontein van Ya’akov was ook daar. Aangesien Yeshua moeg was van die reis, het Hy by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur (twaalfuur die middag).

7. ’n Vrou van Shomron het gekom om water te trek. Yeshua vra vir haar: “Gee vir My water om te drink,”

8. want Sy studentevolgelinge het na die stad gegaan om vir hulleself kos te koop.

9. Die vrou van Shomron vra vir Hom: “Hoe is dit dat U, wat ’n Jood is, van my iets vra om te drink terwyl ek ’n vrou van Shomron is?” Want die Jode assosieer nie met die mense van Shomron nie.Yir 17:13; Open 21:6