Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 18:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nadat Yeshua hierdie dinge gesê het, het Hy en Sy studentevolgelinge na ’n tuin oorkant die Kidronspruit gegaan en Hy en Sy studentevolgelinge het saam daar ingegaan,

2. maar Y’hudah, die een wat Hom sou oorgee, het ook die plek geken omdat Yeshua en Sy studentevolgelinge gereeld daar bymekaargekom het;

3. daarom het Y’hudah die afdeling soldate, die tempelwagte vanaf die leierpriesters en die Fariseërs gelei en daarheen gegaan met lanterns, fakkels en wapens.

4. Omdat Yeshua alles geweet het wat met Hom sou gebeur, het Hy uitgegaan en vir hulle gevra: “Wie soek julle?”Eks 3:14 “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees.” Y’hudah, die een wat Hom sou oorgee, het by hulle gestaan.

5. Hulle antwoord Hom: “Yeshua, van Natzeret.” Yeshua sê vir hulle: