Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 17:6-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Ek het U Outoriteit en Karakter openbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, U het hulle aan My gegee en hulle het U boodskap gehoorsaam.

7. Nou weet Ek dat alles wat U My gegee het, uit U Teenwoordigheid kom,

8. want die boodskappe wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek vanuit eenheid met U uitgegaan het.

9. Ek bid vir hulle, Ek het nie vir die wêreld gebid nie, maar vir dié wat U My gegee het omdat hulle aan U behoort en vertrou het dat U My gestuur het.

10. Alles wat Myne is, is U s’n en wat U s’n is, is Myne en Ek is in hulle vereer en geprys.

11. Van nou af is Ek nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld en Ek kom na U toe, Afgesonderde Vader, bewaar hulle in U Outoriteit en Karakter, wat U vir My gegee het sodat hulle een kan wees, net soos Ons.Ps 41:10

12. Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in U Outoriteit en Karakter bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek wag gehou en nie een van hulle is vernietig nie, behalwe die seun van die vernietiging sodat die Skrifte vervul sou word,

13. maar nou kom Ek na U toe en Ek sê hierdie dinge in die wêreld sodat My blydskap volkome in hulle kan wees.

14. Ek het U boodskap aan hulle gegee en die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie vanuit die wêreld is nie, net soos Ek nie vanuit die wêreld is nie.

15. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld uit wegvat nie, maar dat U hulle teen die bose sal beskerm.

16. Hulle is nie vanuit die wêreld nie, net soos Ek nie vanuit die wêreld is nie.2 Sh'm 7:28

17. Vader, sonder hulle af in U waarheid, want U boodskap is die waarheid.

18. Net soos U My in die wêreld ingestuur het, net so het Ek hulle ook in die wêreld ingestuur

19. en Ek sonder Myself af vir hulle sodat hulle ook in waarheid afgesonderd kan wees.