Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 16:14-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hy sal My vereer en loof omdat Hy, uit wat aan My behoort sal vat en aan julle sal wys.

15. Alles wat My Vader het, is Myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal vat uit wat aan My behoort en aan julle wys.

16. ’n Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer ’n kort rukkie en julle sal My sien omdat Ek na die Vader toe gaan.”

17. Sy studentevolgelinge het onder mekaar gevra: “Wat is dit wat Hy vir ons sê: ‘’n Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer ’n kort rukkie en julle sal My sien omdat Ek na My Vader toe gaan?’”

18. Hulle het ook gevra: “Wat is dit wat Hy sê: ’n Kort rukkie? Ons verstaan nie wat Hy sê nie.”

19. Yeshua het geweet dat hulle Hom wou vra en Hy sê vir hulle: “Vra julle vir mekaar daaroor dat Ek gesê het: ‘’n Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer ’n kort rukkie en julle sal My sien?’