Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 16:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Hierdie dinge het Ek vir julle gesê sodat julle dit nie vir julle mag aantrek nie,

2. want hulle sal julle uit die plekke van bymekaarkoms uitgooi. Daar kom ’n tyd dat elkeen wat julle doodmaak, sal dink dat hy ’n offer aan God bring.

3. Hulle sal hierdie dinge doen omdat hulle nie die Vader of vir My ken nie,

4. maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê sodat wanneer die tyd kom, julle kan onthou dat Ek dit vir julle gesê het, maar Ek het dit nie van die begin af vir julle gesê nie omdat Ek saam met julle was,

5. maar nou gaan Ek om by Hom te wees wat My gestuur het en nie een van julle vra My: ‘Waar gaan U heen,’ nie?

6. Omdat Ek hierdie dinge vir julle gesê het, het julle gedagtes, wil en emosie vol hartseer geraak,

7. maar Ek sê vir julle die waarheid: dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Bevryder en Lewegewer nie na julle toe kom nie, maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.

8. Wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig aangaande sonde, aangaande onpartydige opregtheid en aangaande oordeel:

9. aangaande sonde omdat hulle nie in My vertrou nie;