Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 12:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ses dae voor die Pesag het Yeshua na Beit-Anyah gegaan waar El’azar, wat dood was en wat Yeshua uit die dood uit laat opstaan het, was.

2. Hulle het daar vir Hom ’n ete gegee en Marta het bedien terwyl El’azar een van dié was wat saam met Hom aan tafel was.

3. Miryam vat ’n albaste fles welriekende olie, die beste, baie kosbare, egte nardusolie, salf die voete van Yeshua en droog Sy voete met haar hare af. Die hele huis is gevul met die reuk van die geurige olie.

4. Y’hudah van K’riot, wat op die punt was om Hom oor te gee, een van Sy studentevolgelinge, vra:

5. “Waarom is hierdie welriekende olie nie vir drie honderd denarii verkoop en die geld aan die armes gegee nie?”

6. Dit het hy gesê, nie omdat hy vir die armes omgegee het nie, maar omdat hy ’n dief was en die beursie gehou het en dit wat ingegooi is, gedra het.

7. Yeshua sê: “Los haar, sy het dit bewaar vir die dag van My begrafnis,

8. want die armes het julle altyd tussen julle, maar vir My het julle nie altyd nie.”

9. Baie mense uit Y’hudah het gehoor dat Hy daar is en het gekom, nie alleen om vir Yeshua te sien nie, maar ook vir El’azar, wat Hy uit die dood uit opgewek het.

10. Die leierpriesters het besluit om El’azar ook dood te maak