Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Tz'fanyah 3:13-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Die wat oorbly van Yisra’el sal niks verkeerd doen en geen leuens vertel nie, daar sal ook nie ’n misleidende tong in hulle mond gevind word nie, want hulle sal wei en neerlê, met niemand om hulle te laat bewe nie.”

14. Roep uit van vreugde, o dogter van Tziyon! Roep uit in triomf, o Yisra’el! Verheug jou en jubel met jou hele verstand, wil en emosie, o dogter van Yerushalayim!

15. יהוה het Sy oordeel teen jou weggevat, Hy het jou vyande weggevee. Die Koning van Yisra’el, יהוה, is tussen jou; jy sal nie meer rampe vrees nie.

16. In daardie dag sal dit vir Yerushalayim gesê word: “Moenie bang wees nie, o Tziyon; laat jou hande nie swak wees nie!

17. יהוה, jou God, is in jou midde, ’n oorwinnende vegter. Hy sal Hom oor jou verheug met blydskap, Hy sal stil wees in Sy liefde, Hy sal oor jou in die rondte swaai van vreugde.

18. Ek sal dié vanuit jou verwyder wat beskuldigings maak teen die aangestelde fees.

19. Let op, Ek gaan in dié tyd optree teen al jou onderdrukkers; Ek sal die kreupele red en die wat ver weggestuur was bymekaarmaak en Ek sal hulle skaamte oor die hele aarde verander in lofprysing en roem.