Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Tz'fanyah 2:12-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. “Ook julle, o Kushiete, sal neergeslaan word deur My swaard.”

13. Hy sal Sy hand uitstrek teen die Noorde, Ashur vernietig en Ninveh tot ’n verlatenheid maak, geskroei soos die wildernis.

14. Troppe vee sal binne-in haar lê, alle gediertes wat in troppe loop; beide die pelikaan en die krimpvarkie sal op sy pilaartoppe bly; voëls sal in die vensters sing; verwoesting sal op die drumpel wees, want Hy het die sederwerk kaal gestroop.

15. Hierdie is die juigende stad wat veilig bly, wat in haar binneste sê: “Ek is en daar is niemand anders nie!” Hoe het sy ’n verlatenheid geword, ’n rusplek vir wilde diere! Almal wat by haar verbygaan sal spot en sy hand waai in veragting.