Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Hebreërs 3:11-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. soos Ek in My woede ’n eed geneem het:

12. Pas daarom op, my broers, dat daar nie in enige van julle ’n bose en vertrouelose verstand, wil en emosie is en hy van die Lewende God af wegdwaal nie,

13. maar verneem van mekaar elke dag, solank as dit vandag genoem word sodat niemand van julle deur die misleiding van sonde verhard word nie,

14. want ons is aan Die Gesalfde Een verbind, as ons van die begin af tot die einde toe aan hierdie ware verbond vashou.Ps 95:8,9

15. Net soos wat gesê is: “Vandag as julle Sy stem hoor, verhard nie julle verstand, wil en emosie om Hom kwaad te maak nie.”

16. Wie was dit dan wat gehoor het en Hom kwaad gemaak het? Was dit nie almal wat Moshe uit Mitzrayim gebring het nie?

17. In wie was Hy veertig jaar lank teleurgesteld? Was dit nie in dié wat gesondig het, wie se lyke in die wildernis geval het nie?

18. Hulle aangaande wie Hy ’n eed geneem het, dat hulle in Sy rus nie sal ingaan nie, is dit nie aan hulle wat nie oortuig is nie?

19. Ons sien dat hulle nie kon ingaan nie omdat hulle nie vertrou het nie.