Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Efesiërs 1:9-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hy het ook aan ons die geheime van Sy wil geleer, dit wat Hy vroeër besluit het om in Homself te doen

10. vir die uitvoering van die einde van tye; alle dinge word in die hemel en op die aarde deur Die Gesalfde Een van voor af nuut gemaak.

11. In eenheid met Hom is ons gekies soos Hy ons vroeër aangestel het en het Hy gewil dat Hy alles sal doen volgens die doel van Sy wil

12. sodat ons, wat eerste ’n versekerde verwagting in Die Gesalfde Een gehad het, kan wees tot eer en lof van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid

13. sodat julle ook, die boodskap van die waarheid, die goeie boodskap van julle redding deur Hom, gehoor het, in Wie julle vertrou het en julle geseël is in die Gees van Afsondering wat belowe is,

14. wat die waarborg is van ons erfenis, tot die losprys van hulle wat gered is en vir die eer en lof van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid.

15. Om hierdie rede, let op, vandat ek gehoor het van julle vertroue wat in ons Meester Yeshua is en julle liefde tot die afgesonderdes,

16. hou ek nie op om dankie te sê vir julle en om julle te onthou in my gebede nie

17. sodat die God van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, die Vader van eer, lof en aanbidding, aan julle die Gees van wysheid en openbaring mag gee saam met kennis van Hom

18. en dat die oë van julle verstand, wil en emosie verhelder sal word sodat julle kan weet wat die versekerde verwagting van Sy roeping en wat die rykdom van Sy erfdeel van eer en lof is onder die afgesonderdes

19. en wat die oorvloedige grootheid van Sy wonderwerkende krag is, in ons wat vertrou, volgens die effektiewe aksie van Sy kragPs 110:1

20. wat Hy gewerk het in Die Gesalfde Een toe Hy Hom uit die dood uit opgewek het en Hom laat sit het aan Sy regterhand in die hemel,Open 21:1

21. ver bo alle heersers, outoriteite, wonderwerkende kragte, meesters en elke karakter en outoriteit (naam) wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in dié een wat kom.Ps 8:7 en Hom wat hoër as alles is as Hoof oor die gemeente,