Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Efesiërs 1:17-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. sodat die God van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, die Vader van eer, lof en aanbidding, aan julle die Gees van wysheid en openbaring mag gee saam met kennis van Hom

18. en dat die oë van julle verstand, wil en emosie verhelder sal word sodat julle kan weet wat die versekerde verwagting van Sy roeping en wat die rykdom van Sy erfdeel van eer en lof is onder die afgesonderdes

19. en wat die oorvloedige grootheid van Sy wonderwerkende krag is, in ons wat vertrou, volgens die effektiewe aksie van Sy kragPs 110:1

20. wat Hy gewerk het in Die Gesalfde Een toe Hy Hom uit die dood uit opgewek het en Hom laat sit het aan Sy regterhand in die hemel,Open 21:1

21. ver bo alle heersers, outoriteite, wonderwerkende kragte, meesters en elke karakter en outoriteit (naam) wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in dié een wat kom.Ps 8:7 en Hom wat hoër as alles is as Hoof oor die gemeente,

22. Hy het alles in gehoorsaamheid onder Sy voete gesit

23. wat Sy liggaam is, gegee; die volledigheid van Hom wat alles in almal volledig maak;