Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 30:23-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Toe sê Dawid: “Julle moenie so maak met wat יהוה vir ons gegee het nie, my broers, Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee.Num 31:27

24. Wie sal in hierdie saak na julle luister? Want soos die gedeelte is van dié wat in die geveg aftrek, so is ook die gedeelte van die wat by die pakgoed bly; hulle sal gelykop deel.”

25. So is dit dan van dié dag af aan gewees. Hy het dit as ’n instelling en ’n verordening vir Yisra’el gemaak tot vandag toe.

26. Toe Dawid in Ziklag kom, het hy buit aan die oudstes van Y’hudah, sy vriende, gestuur en gesê: “Let op, ’n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van יהוה:

27. aan dié wat in Beit-El is; aan dié wat in Ramot van die Suidland is; aan dié wat in Yattir is;

28. aan dié wat in `Aro’er is; aan dié wat in Sifmot is; aan dié wat in Esht’moa is;