Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 15:25-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. daarom, asseblief spreek my sonde vry en keer terug saam met my dat ek יהוה kan aanbid.”

26. Sh’mu’el sê egter vir Sha’ul: “Ek sal nie saam met jou teruggaan nie omdat jy die woord van יהוה verwerp het en יהוה jou as koning oor Yisra’el verwerp het.”

27. Terwyl Sh’mu’el omdraai om te gaan, gryp Sha’ul die rand van sy kleed en dit het geskeur.

28. Sh’mu’el sê vir hom: “Vandag het יהוה die koningskap oor Yisra’el van jou afgeskeur en dit aan jou naaste, wat beter as jy is, gegee.

29. Die Eer, Lof en Aanbidding van Yisra’el sal ook nie lieg of Sy gedagtes verander nie, want Hy is nie ’n mens dat Hy Sy gedagtes sal verander nie.”

30. Toe sê hy: “Ek het gesondig; eer my tog nou voor die oudstes van my mense en voor Yisra’el en gaan terug saam met my dat ek יהוה, u God, kan aanbid.”

31. Sh’mu’el het teruggegaan agter Sha’ul aan en Sha’ul het יהוה aanbid.

32. Toe sê Sh’mu’el: “Bring Agag, die koning van `Amalek, na my toe.” Agag het opgeruimd na hom toe gekom. Agag het gesê: “Sekerlik is die bitterheid van die dood verby.”

33. Sh’mu’el het egter gesê: “Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder kinderloos wees onder die vroue.” Sh’mu’el het Agag in stukke gekap voor die Teenwoordigheid van יהוה in Gilgal.