Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 15:16-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Toe sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “Wag en laat ek jou vertel wat יהוה laasnag vir my gesê het.” Hy sê vir hom: “Praat!”

17. Sh’mu’el sê: “Is dit nie waar nie, alhoewel jy klein was in jou eie oë, is jy die hoof van die stamme van Yisra’el? יהוה het jou as koning oor Yisra’el gesalf

18. en יהוה het jou op ’n missie gestuur en gesê: ‘Gaan en vernietig die sondaars, die `Amalekiete, volkome en veg teen hulle totdat hulle uitgewis is.’

19. Waarom het jy nie die stem van יהוה gehoorsaam nie, maar op die buit afgestorm en gedoen wat boos is in die oë van יהוה?”

20. Toe sê Sha’ul vir Sh’mu’el: “Ek het die stem van יהוה gehoorsaam en op die missie gegaan waarop יהוה my gestuur het en Agag, die koning van `Amalek, terug- gebring en die `Amalekiete volledig vernietig,

21. maar die manne het sommige van die buit, kleinvee en beeste, die beste van die goed toegewy tot vernietiging, gevat om aan יהוה, u God, in Gilgal te offer.”Ps 40:7; Ps 51:18-21; Hos 6:6; Mat 9:13; Mat 12:7

22. Sh’mu’el het gesê: “Het יהוה soveel behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van יהוה? Let op, om gehoorsaam te wees is beter as offers; om te luister beter as die vet van ramme,

23. want rebellie is soos die sonde van waarsêery en opstandigheid is soos oortredings en afgodery. Omdat jy die woord van יהוה verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”

24. Toe sê Sha’ul vir Sh’mu’el: “Ek het gesondig; ek het waarlik die bevel van יהוה en u woorde oortree, want ek was bang vir die manne en het na hulle stem geluister;