Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 1:6-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Haar mededingster het haar egter bitterlik geterg om haar te irriteer omdat יהוה haar baarmoeder gesluit het.

7. Dit het jaar na jaar gebeur, elke keer as sy opgaan na die huis van יהוה, het sy haar geterg; sy het dan gehuil en wou nie eet nie.

8. Dan sê haar man, Elkanah, vir haar: “Hannah, waarom huil jy en waarom eet jy nie en waarom is jou binneste treurig? Is ek nie vir jou beter as tien seuns nie?”

9. Hannah het opgestaan nadat hulle geëet en gedrink het in Shiloh en na die Huis van יהוה gegaan. `Eli, die priester, het op die stoel by die deurpos van die tempel van יהוה gesit.

10. Sy het, baie bedroef, tot יהוה gebid en bitterlik gehuil.Lev 27; Num 3:43-45 van sy lewe en ’n skeermes sal nooit op sy kop kom nie.”Rig 13:4,5

11. Sy het ’n gelofte gedoen en gesê: “יהוה-Tzva’ot, as U waarlik die ellende van U diensmaagd raaksien en my onthou en U diensmaagd nie vergeet nie, maar U diensmaagd ’n seun gee, dan sal ek hom aan יהוה gee al die dae

12. Dit het gebeur terwyl sy aanhou bid voor יהוה dat `Eli haar mond dophou.

13. Hannah het in haar binneste gepraat, net haar lippe het beweeg, maar haar stem is nie gehoor nie; `Eli het gedink dat sy dronk was.

14. Toe sê `Eli vir haar: “Hoe lank wil jy jouself dronk maak? Sit jou wyn van jou af weg.”

15. Hannah antwoord egter: “Nee, my meester, ek is ’n vrou wat in my gees onderdruk is; ek het nie wyn of sterk drank gedrink nie, maar ek het my verstand, wil en emosie voor יהוה uitgestort.

16. Beskou tog nie u dienares as ’n waardelose vrou nie, want ek het tot nou toe vanuit my groot bekommernis en verdriet gepraat.”

17. Toe antwoord `Eli en sê: “Gaan in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid en mag die God van Yisra’el jou versoeke, wat jy van Hom gevra het, toestaan.”