Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 1:16-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Beskou tog nie u dienares as ’n waardelose vrou nie, want ek het tot nou toe vanuit my groot bekommernis en verdriet gepraat.”

17. Toe antwoord `Eli en sê: “Gaan in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid en mag die God van Yisra’el jou versoeke, wat jy van Hom gevra het, toestaan.”

18. Sy sê: “Mag u dienares guns in u oë vind.” Die vrou het toe weggegaan en sy het geëet en haar gesig was nie dieselfde nie.

19. Toe het hulle die oggend vroeg opgestaan en voor יהוה aanbid en teruggegaan na hulle huis in Ramah en Elkanah het ’n intieme verhouding met sy vrou Hannah gehad en יהוה het haar onthou.

20. Dit het gebeur op die tyd nadat Hannah bevrug is dat sy geboorte gegee het aan ’n seun en hom Sh’mu’el genoem het, “want,” het sy gesê, “ek het hom van יהוה gevra.”