Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Kronieke 12:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die magtige manne van Dawid wat by hom gestaan het in die gevegte en hulle het saam met Dawid na die stad van Ziklag gegaan, toe hy gevlug het voor Sha’ul, die seun van Kish; hulle was tussen die magtige manne wat voor Dawid gestaan het. As Dawid dit sou wou, sou hulle Sha’ul, die seun van Kish doodgemaak het, want hulle was magtige manne van oorlog, maar Dawid wou hulle nie toelaat om Sha’ul dood te maak nie.

2. Hulle het die boog met hulle linkerhand en die swaarde met hulle regterhand vasgehou en hulle boë was vol pyle, maar Dawid was onwillig om Sha’ul dood te maak, want hy was die leier, die prins van die stam van Binyamin.

3. Hierdie is die name van die magtige manne wat by Dawid was: Agi’ezer en sy seun, Yo’ash; Sh’ma’ah, die Giv’atiet; Yo’el vanaf Maksite; Pelet en B’rakhah, die seuns van `Azmawet; Yehu, vanuit `Anatot;

4. Yishma’yah, die Giv’oniet, kaptein oor dertig manne en wat soos hulle almal geveg het; Yirmeyah, Yagzi’el, Yoganan, Yozavad;

5. El’uzai, Yerimot, Ba’alyah, Sh’maryah, Sh’fatyah, Havar;

6. Elkanah, Yihiyahu, `Azar’el, Yashov’am, Asaf;

7. Yo’elah en Z’vadyah, die seuns van Yerogam, vanaf G’dor.

8. Hulle, van die stam van die Gadiete, het hulle afgesonder vir Dawid, om saam met hom na die vesting in die wildernis te gaan; magtige manne, manne van naam en gereed vir die geveg, wat swaard en skild kon hanteer, met gesigte soos die gesigte van leeus en wat vinnig was in die geveg op die berge:

9. `Ezer, die leier van die magtige manne, `Ovadyah, die tweede en Eli’av, die derde;

10. Mishmannah, die vierde en Yirmeyah, die vyfde;

11. `Attai, die sesde en Éli’el, die sewende;

12. Yoganan, die agtste en Elsavad, die negende;

13. Yirmeyah, die tiende en Makhbannai, die elfde.

14. Hulle was uit die seuns van Gad, bevelvoerders van die leër; een van hulle was kaptein oor ’n honderd en die ander oor ’n duisend.