Die Boodskap

Rigters 18:1-4 Die Boodskap (DB)

1. In die tyd toe daar nog nie ’n koning in Israel was nie, het die stam van Dan na grond gesoek waar hulle kon gaan bly. Tot in daardie stadium het hulle nog nie ’n eie gebied gehad waar hulle kon bly nie.

2. Die mense van Dan het vyf dapper mans uit die dorpe Sora en Estaol as hulle verteenwoordigers gestuur om die land te gaan verken. Hulle het toe by Miga se huis in die berge van Efraim aangekom en daar oornag.

3. Hulle het die jong Leviet se aksent herken en vir hom gevra: “ Wie het jou hierheen gebring? Wat doen jy hier? Wat hou jou hier?”

4. Hy het geantwoord: “Ek het ’n ooreenkoms met Miga. Hy betaal my en ek is sy priester.”