Die Boodskap

Psalms 50:16-23 Die Boodskap (DB)

16. Vir die slegte mens sê God: “Hoekom praat jy nog oor die wil van die Here asof dit vir jou saak maak?Hoekom maak jy asof ons met mekaar ’n ooreenkoms het?

17. Jy wil nie luister wat Ek jou leer nie. Jy doen ook nie wat Ek vra nie.

18. Jy is tuis tussen diewe en mense wat niks van die huwelik dink nie. Jy maak nes hulle.

19. As jy jou mond oopmaak, lieg en bedrieg en skinder jy;

20. jy gee nie eens om of dit jou eie broer is wat jy so behandel nie. Jy smeer hom swart.

21. “Terwyl jy so woes aangegaan het, moet Ek stilbly?Dan dink jy dalk Ek maak soos jy. Nee, Ek gaan jou laat deurloop. Jy gaan mooi verstaan waaroor dit gaan. Ek kla jou aan.

22. Luister asseblief mooi as Ek julle waarsku, julle wat leef asof God nie daar is nie.As Ek julle begin straf, sal niemand julle meer kan help nie.

23. “Weet julle watter geskenk maak my hart bly?As julle vir My dankie sê en loof deur julle optrede.Die mense wat so leef, sal Ek altyd help.”