5. Snags lê hulle wakker om slegte dinge uit te dink.Hulle loop op ’n pad wat nie goed is nie. Hulle hou van die slegte.Sonde is hulle kos: heeldag, elke dag.
6. Here, U is baie lief vir ons, niemand op aarde kan dit ooit meet nie.Here, U is so goed vir ons, niemand het genoeg woorde om dit te beskryf nie.
7. Here, U tree altyd regverdig op.Here, wanneer U praat, is dit altyd regverdig teenoor ons as mense.U hou alles wat leef styf in u hand vas. Elke mens, elke dier leef uit u goedheid.
8. God, niemand kan sonder u goedheid leef nie.U pas almal op wat by U kom wegkruip.
9. U liefde vloei soos ’n rivier oor ons hele lewe.U gee vir ons meer as wat ons nodig het.U is baie goed vir ons.
10. U is ons lewe. U is die lig wat ons lewenspad verlig.
11. God, U moet asseblief nooit ophou om lief te wees vir al u kinders nie, dié mense wat U as God erken en reg voor U lewe.