Die Boodskap

Psalms 36:2-6 Die Boodskap (DB)

2. Slegte mense se lewe word deur slegte dade regeer. Hulle steur hulle nie aan God nie.

3. Hulle dink baie van hulleself, en praat heeltyd oor hoe goed hulle is. Hulle floreer om kwaad te doen en mense te haat.

4. Lelike woorde gly oor hulle lippe; hulle het g’n idee hoe om goed te doen aan ander nie. Hulle weet nie wat dit is om slim genoeg te wees om ander mense goed te behandel nie.

5. Snags lê hulle wakker om slegte dinge uit te dink.Hulle loop op ’n pad wat nie goed is nie. Hulle hou van die slegte.Sonde is hulle kos: heeldag, elke dag.

6. Here, U is baie lief vir ons, niemand op aarde kan dit ooit meet nie.Here, U is so goed vir ons, niemand het genoeg woorde om dit te beskryf nie.