Die Boodskap

Psalms 30:3-7 Die Boodskap (DB)

3. Here, my God, ek het gebid dat U my moet help.Toe het U my gesond gemaak.

4. Here, U het my uit die dood teruggeruk na die lewe toe.Ek het nie doodgegaan nie. U het my weer lewendig gemaak.

5. Sing lofliedere om die Here se Naam groot te maak.Julle almal wat Hom dien, prys sy Naam!Dink met respek na oor alles wat Hy doen.Hy is heeltemal anders as mense.

6. As Hy kwaad word, is dit net vir ’n paar sekondes. Maar Hy is lewenslank goed vir ons. Kyk maar: ons het deur die nag gehuil. Maar vanmôre lag ons van vreugde. Dis net die Here wat so iets laat gebeur.

7. Toe dit nog met my goed gegaan het, het ek maklik gepraat.Ek het gesê: “Niks sal ooit met my verkeerd loop nie.”